Tuisblad arrow Produkte & Dienste arrow Gesondheid arrow Krisis Berading
Hoof Kieslys
Tuisblad
Agtergrond & Geskiedenis
Produkte & Dienste
Nuutste Nuus
Kalender
Artikels
"FAQ's"
Kontak Ons
Advertensie

Te Huur/Te Koop

5 Slaapkamer, 3.5 Badkamer, Studeer kamer, 3 leef areas, swembad, Jacuzzi & 3 Slaapkamer Woonstel als 1km vanaf Universiteit van Pretoria in sekuur area - Ideaal as Ambasade

  • Te Huur: Beskikbaar 1ste Januarie 2015 - R37'500/m
  • Te Koop R9.5m - Navrae (GEEN AGENTE ASB) Kontak Eienaar 082 297 0664
Spesiale Aanbod....

Gevorderde Kursus in Berading Jeug Spesiale Aanbod Meer Inlingting...

Luister saam...

Radio Namakwaland

 

Kom en sluit aan by Dr. Semmelink elke Dinsdag middag om 12h30 op Radio Namakwaland!

 

Luister op die internet hier, of op die radio op 93.4Mhz.

Soekboks
Inteken Vorm





Wagwoord vergeet?
Taal Voorkeur
Afrikaans
Wies Aanlyn
Krisis Berading PDF Druk E-pos
Produkte en Dienste - Gesondheid

Youth @ Heart Crisis CentreYouth@HEART help jongmense met hul lewens ervaring en krisisse sedert 1999. Opgeleide, vrywillge, beraders lewer 'n diens, gratis, om jongmense te help gedurend hul ontwikkelings jare, tipies die 11 to 24 jaar ouderdomsgroep.

 

'n Uitgebreide netwerk van gespesialiseerde organisasies en sentrums is beskikbaar vir ons vrywillige beraders, waar hul jongmense na toe kan verwys vir professionele bystand. Ons beraders het al talle jongmense met krisisse bygestaan.

 

Nuwe wetgewing en regulasies verwag hoër standaarde van vrywillige beraders as ooit van te vore. Youth at HEART glo sterk dat proffessionele standaarde aan gehoor gegee moet word, daarom is ons tans besig om al ons beraders sodanig te kry sodat hul aan die vereistes voldoen. Ons streef om hul nie net na die minimum standaarde op te lei nie, maar om liewers hul die standaard leiers te maak vir die res!


  • Youth@HEART het deelgeneem aan die proses om vrywillige beraders te laat registreer by die "Health Professional Council of South Africa" (HPCSA).
  • Youth@HEART was teenwoordig op die kommitee vir Opleiding en Etiek van die "Southern African Council for the Accreditation of Counselling Organisations" (SACACO), 'n forum vir die registrasie van beraders by HPCSA.
  • In November 2000, het die Suid Afrikaanse Kwalifikasie Outoriteit (SAQA), mondeliks die Youth at HEART kursus vir jeug bediening vir die akkreditasie via die Nazarene Teologies Kollege aanvaar.
  • Sederdien het verskeie ander tersiêre inrigtings die Gevorderde  Kursus in Berading vir die Jeug in Krisis ge-akrediteur (bv. die Sentrum vir Aanhoudende Opvoeding by die Universiteit van Pretoria; Auckland Park Theological Seminary – in kontrak met die Universiteit van Johannesburg).
  • Ons is tans besig met registrasie by SETA: "South Africa Association of Pastoral Workers (SAAP)" of deur SETA van die Department van Opvoeding, Gesondheid en/of Welsyn.

 

Om op standaard te kom met die nuwe riglyne, het Dr Semmelink 'n kursus geskep in Jeug Berading. Alle vrywilligers by die Youth at HEART Krisis Sentrum moes die kursus bywoon en slaag met die minimum vereistes soos daargestel deur Nazarene Teologiese Kollege.

 

Tot dusver word die Jeug Berading opleiding gereeld in Pretoria, Kaapstad, Carletonville, Centurion, Durban, Kimberley, Pietersburg, Port Elizabeth, Rustenburg, Vredefort/Parys en Vryheid aangebied. Navrae vir meer opleiding word vanaf regoor Suid Afrika ontvang. Daar word huidiglik nog beplan hoe hul ge-akkommodeer sal kan word.

 

Youth at HEART besef dat dit al hoe meer moeiliker word om nog Krisis Sentrums te ontwikkel en te bestuur in al die sentrums. Om sodoende 'n beter diens te kan lewer, sal beraders in die toekoms uitgeleen word na ander gespesialiseerde berading organisasies. Dit sal wedersydse toerykende ooreenkoms wees en soedoende kan Youth at HEART daarop konsentreer om meer, en beter opgeleide beraders aan dié organisasies wat tradisioneel sukkel om waardige en ervare beraders te kry.

 

Youth@HEART’s Jeug Beraders Opleidings Kursus word tans aangebied by organisasies soos:

  • Verenigende Christen-Studente Vereeniging’ (VCSV)
  • Youth With A Mission (YWAM)
  • ‘Suid Afrikaanse Vroue Federasie’ (SAVF)
  • Aids Awareness Association
  • Young Woman’s Christian Association (YWCA)
  • The Fleuresca Rehabilitation Centre
  • Centurion Re-integration Centre
  • SA Cares for Life (NeoBirth)
  • AIDS Awareness Group
  • SA Vroue Federasie (SAVF)
  • Christelik Maatskaplike Raad (CMR)
  • Tutela Safety Home (Dept of Welfare)
  • Jacaranda Kinderhuis
  • Telkom
  • SA Polisie Dienste (Kinder Berskermings Eenheid)
  • Xun-Kwe Community Development
  • Kohin
  • Gateway
  • Youth Leaders & Clergy vanuit sowat +-20 denominasies
  • Onderwysers – Laer- en Hoërskole
    • Dosente van Tegniese Kolleges:
      Benoni
      Upington
      Carletonville
  • Proffessionele:
    Medisiese dokters
    Sielkundiges
    Maatskaplike werkers


Training a Youth Counsellor
Training a Youth Counsellor
 

Section 21 | Registration No: 1999/08895/08 | Welfare No.: 008954
Copyright © 2025 - Youth at Heart Development
Website Design & Hosting By Web 500