Tuisblad |
Hoof Kieslys | ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
Advertensie |
---|
Te Huur/Te Koop5 Slaapkamer, 3.5 Badkamer, Studeer kamer, 3 leef areas, swembad, Jacuzzi & 3 Slaapkamer Woonstel als 1km vanaf Universiteit van Pretoria in sekuur area - Ideaal as Ambasade
|
Spesiale Aanbod.... |
---|
Gevorderde Kursus in Berading Jeug Spesiale Aanbod Meer Inlingting... |
Luister saam... |
---|
Kom en sluit aan by Dr. Semmelink elke Dinsdag middag om 12h30 op Radio Namakwaland!
Luister op die internet hier, of op die radio op 93.4Mhz. |
Soekboks |
---|
Inteken Vorm |
---|
Taal Voorkeur |
---|
|
Wies Aanlyn |
---|
Ons het 14 gaste op die webwerf |
Eksamen druk! |
Monday, 01 June 2009 | |
Wanneer kinders met mekaar vergelyk word!
Wanneer ‘n mens die voorreg het om ‘n kind in die lewe te begelei is daar ‘n paar aspekte wat ‘n mens ingedagte moet hou:
Daarom is dit belangrik dat ouers die uniekheid van elke kind moet ontdek in die aanloop tot die skooljare. Hier is dit belangrik dat ouers interaksie met hul kinders sal hê in die voorskoolse jare, waar daar speel-speel ontdek word wat die kind se sterker en swakker punte is! Deur saam met die kind te speel kan die kind dan ook gestimuleer word en is die kind dan ook meer geneë om in later jare saam met die ouer te werk aan sy huiswerk en die voorbereiding vir die toetse en eksamens!
Ouers en die jongmense moet besef dat akademie is soos atlektiek, jy hardloop teen jou ‘personal best’. Daarom moet ouers baie versigtig wees om kinders te dryf om nog beter te presteer terwyl die kind in homself voel ek het my beste gelewer of my beste bereik! Veral is dit baie sleg vir die kind wat in die skadu van sy of haar ouer boeties en/of sussies staan. Onderwysers en ouers maak dikwels vergelykings en dan breek dit die kind af – sulke kinders ontdek eers op ‘n later stadium hul sterkpunte, omdat hulle op skool voel hulle is in kompetisie met iemand buite sy liga! Dit is só onregverdig as ons as volwassenes nie vir elke kind die geleentheid gun om hom/haarself te ontdek, ontgin en te ontwikkel nie.
Aanmoediging is nie slawedryf nie, maar is eerder motivering, die bystaan & begeleiding van die jongmens. Om soms saam met die kind deur die werk te gaan, sodat jy en ek begrip kan hê vir die hoeveelheid werk en verantwoord-elikheid wat daar op die kind geplaas word.
Kom ons geniet die uniekheid van God se skepping in elke individu. Ek het eerder ‘n gelukkige kind wat onder presteer as ‘n kind wat presteer maar baie ongelukkig is!
|
|
Laaste opdatering ( Tuesday, 02 June 2009 ) |