Tuisblad
Hoof Kieslys
Tuisblad
Agtergrond & Geskiedenis
Produkte & Dienste
Nuutste Nuus
Kalender
Artikels
"FAQ's"
Kontak Ons
Advertensie

Te Huur/Te Koop

5 Slaapkamer, 3.5 Badkamer, Studeer kamer, 3 leef areas, swembad, Jacuzzi & 3 Slaapkamer Woonstel als 1km vanaf Universiteit van Pretoria in sekuur area - Ideaal as Ambasade

  • Te Huur: Beskikbaar 1ste Januarie 2015 - R37'500/m
  • Te Koop R9.5m - Navrae (GEEN AGENTE ASB) Kontak Eienaar 082 297 0664
Spesiale Aanbod....

Gevorderde Kursus in Berading Jeug Spesiale Aanbod Meer Inlingting...

Luister saam...

Radio Namakwaland

 

Kom en sluit aan by Dr. Semmelink elke Dinsdag middag om 12h30 op Radio Namakwaland!

 

Luister op die internet hier, of op die radio op 93.4Mhz.

Soekboks
Inteken Vorm





Wagwoord vergeet?
Taal Voorkeur
Afrikaans
Wies Aanlyn
Eksamen Stres PDF Druk E-pos
Tuesday, 26 May 2009

 

Hoe hanteer ‘n mens stress tydens eksamentye?

 

Skep ‘n aangename atmosfeer van ondersteuning en begrip.

 

Wanneer ons kinders eksamen skryf is dit belangrik dat ons as ouers en selfs familie die kinders bystaan met die atmosfeer waarin hulle hul voorbereiding vir die eksamen moet maak. Dit is waar die ouer se ondersteuning van kardinale belang is. Hulp met opsommings maak, vrae vra om die kind te help met die leer van die vakke. Ons moet onthou die losmaking en selfstandig word is ‘n proses waardeur die kind moet gaan van geboorte tot volwassenheid. Elke kind verskil wanneer dit kom by die tydperk waarin hy of sy onafhanklik word. Indien ek dit te gou doen verloor die kind die vrymoedigheid om na die ouer te kom vir hulp en kom die ouers dit eers agter as die kind se resultate wys dat daar probleme is. Ons hulp en ondersteuning tydens die eksamen gaan die kind aanmoedig om hul beste te kan lewer.

 

Kinders moet egter ook hul eie potensiaal ontdek en stelselmatig op hul persoonlike beste prober verbeter. Akademie is soos atletiek, jy hardloop teen jou “personal best”. Ons moet egter onthou dat elke jaar is die werk ‘n bietjie moeiliker as die vorige jaar en daarom is dit alreeds ‘n prestasie as ‘n kind min-of-meer dieselfde bereik as die vorige jaar.

 

Gesonde ontspanning tydens die eksamen is ook belangrik en daarom moet die kinders soms wegbreek van die boeke net om die brein weer vars te kry. ‘n Bietjie oefening is goed en ‘n bietjie ontspanning om die aandag af te lei is ook baie gesond. Kom ons skep vir ons kinders ‘n aangename atmosfeer en plaas nie ekstra druk op hulle deur hulle te druk om nog hoër of meer te bereik nie. Ons weet die kompetisie is sterk daar buite, maar wanneer die kind ekstra stres ervaar as gevolg van die ouers se druk, is dit nie regverdig teenoor die kind wat sy of haar beste probeer lewer nie.

 

 

 

Comments
Add NewSearch
Write comment
Name:
Website:
Title:
 
 
Security Image
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved.

Laaste opdatering ( Tuesday, 26 May 2009 )
 

Section 21 | Registration No: 1999/08895/08 | Welfare No.: 008954
Copyright © 2025 - Youth at Heart Development
Website Design & Hosting By Web 500