Tuisblad |
Hoof Kieslys | ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
Advertensie |
---|
Te Huur/Te Koop5 Slaapkamer, 3.5 Badkamer, Studeer kamer, 3 leef areas, swembad, Jacuzzi & 3 Slaapkamer Woonstel als 1km vanaf Universiteit van Pretoria in sekuur area - Ideaal as Ambasade
|
Spesiale Aanbod.... |
---|
Gevorderde Kursus in Berading Jeug Spesiale Aanbod Meer Inlingting... |
Luister saam... |
---|
Kom en sluit aan by Dr. Semmelink elke Dinsdag middag om 12h30 op Radio Namakwaland!
Luister op die internet hier, of op die radio op 93.4Mhz. |
Soekboks |
---|
Inteken Vorm |
---|
Taal Voorkeur |
---|
|
Wies Aanlyn |
---|
Ons het 11 gaste op die webwerf |
Kinder Molestering |
Tuesday, 19 May 2009 | |
Wat is ons verantwoordelikheid wanneer ons weet ‘n kind word gemolesteer?Wat staan my te doen as ek gemolesteer word?
Dit is ‘n baie relevante vraag om dat daar in Suid Afrika 1 uit elke 3 kinders is wat gemolesteer word. 70% van hierdie kinders word deur iemand bekend gemolesteer, ‘n pa/ma, oom/tannie, oupa/ouma, selfs onderwyser/predikant!
Sodra jy bewus word van so ‘n moontlikheid is dit jou wetlike plig om dit onder die owerheide (skoolhoof, skool sielkundige, maatskaplike werker en/of polisie) se aandag te bring. Die wet bepaal dat as iemand geweet het en dit nie aangemeld het nie, het daardie persoon dit stilswyend goedgekeur. Hier is dit belangrik om die implikasies te verstaan:
Die onus berus enersyds op jou as vertroueling, maar andersyds op die gemolesteerde, om met die waarheid uit te kom. Die wyse waarop ons dit gaan doen sal van geval tot geval verskil. Nie almal het die vrymoedigheid om self na die owerhede te gaan nie, ander trek klein-koppie en ontken dit as hulle deur die owerhede ondervra word!
Daarby is dit belangrik om ook nie agter die rug van die kind sulke verklarings te gaan aflê nie – ek verkies dat die kind dit self moet doen en dan moet besluit hoe, wanneer, waar en met wie daar gesels gaan word. Indien die kind wil hê dat ek dit namens hulle doen, verkies ek dat die kind saam met my gaan!
Hoe dit ookal sy, as jy weet van of self gemolesteer word, kom ons wend ‘n poging aan om sulke mense te stop sodat hulle nie voortgaan op hulle afbrekende en afskuwelike gedrag nie!
|
|
Laaste opdatering ( Wednesday, 20 May 2009 ) |