Tuisblad |
Hoof Kieslys | ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
Advertensie |
---|
Te Huur/Te Koop5 Slaapkamer, 3.5 Badkamer, Studeer kamer, 3 leef areas, swembad, Jacuzzi & 3 Slaapkamer Woonstel als 1km vanaf Universiteit van Pretoria in sekuur area - Ideaal as Ambasade
|
Spesiale Aanbod.... |
---|
Gevorderde Kursus in Berading Jeug Spesiale Aanbod Meer Inlingting... |
Luister saam... |
---|
Kom en sluit aan by Dr. Semmelink elke Dinsdag middag om 12h30 op Radio Namakwaland!
Luister op die internet hier, of op die radio op 93.4Mhz. |
Soekboks |
---|
Inteken Vorm |
---|
Taal Voorkeur |
---|
|
Wies Aanlyn |
---|
Ons het 14 gaste op die webwerf |
Rehabilitering & Dissipline |
Tuesday, 12 May 2009 | |
In enige rehabilitering is dissipline van kardinale belang. Die dwelmafhanklike word letterlik deur sy liggaam se drang na die middel beheer en daarom is dit nodig om hierdie persoon te help in sy proses na herstel. Indien dit aan hom/haar oorgelaat word, sal die drang na die middel gou weer die oorhand of beheer kry, omdat hy/sy nog nie geleer het om hulleself te beheer nie!
Die wyse waarop die dissipline toegepas en aangeleer word, is egter ook baie belangrik. Wat werk vir een persoon werk nie noodwendig vir die volgende persoon nie! Daarom is dit noodsaaklik dat instansies wat by rehabilitering betrokke is, verskillende wyses van dissipline skep om te verseker dat die wyse waarop hulle ‘n persoon dissiplineer wel bydra tot die rehabilitering.
In ‘n samelewing soos vandag waar jongmense groot word sonder ‘n gemeenskaplike waarde, norme en beginselstelsel is dit baie moeilik vir instansies om ‘n gedragskode te skep wat almal se ondersteuning geniet. Daarby is daar ook altyd ouers wat subjektief na die omstandighede waarin hul kinders gedissiplineer word kyk – hulle kies dadelik hul kinders se kant en ondersteun dus eerder die kind se wangedrag as die instansie wat hul kind wil help opvoed. Ouers moet hulleself vergewis van die instansie se reëls, regulasies en beginsels, asook van die wsye waarop dissipline toegepas gaan word, alvorens hulle hul kinders by dié instansie inskryf.
Ons moet onthou ons kinders kyk op na ouers wat vir hulle leiding gee, rigting aandui en bereid is om hulle reg te help. Ek sê altyd ten opsigte van my kinders: "As ek nie omgegee het nie sou ek my kinders laat began het om te doen wat hulle wil, wanneer hulle wil met wie hulle wil, MAAR omdat ek wel omgee is ek bereid om hulle te dissiplineer, indien nodig te straf sodat hulle teen hulleself en die samelewing waarin ek hulle opvoed kan beskerm!"
Kinderopvoeding is nie vir sissies nie!
Vir meer inligting, besoek gerus Freedom Recovery Centre.
|