Tuisblad
Hoof Kieslys
Tuisblad
Agtergrond & Geskiedenis
Produkte & Dienste
Nuutste Nuus
Kalender
Artikels
"FAQ's"
Kontak Ons
Advertensie

Te Huur/Te Koop

5 Slaapkamer, 3.5 Badkamer, Studeer kamer, 3 leef areas, swembad, Jacuzzi & 3 Slaapkamer Woonstel als 1km vanaf Universiteit van Pretoria in sekuur area - Ideaal as Ambasade

  • Te Huur: Beskikbaar 1ste Januarie 2015 - R37'500/m
  • Te Koop R9.5m - Navrae (GEEN AGENTE ASB) Kontak Eienaar 082 297 0664
Spesiale Aanbod....

Gevorderde Kursus in Berading Jeug Spesiale Aanbod Meer Inlingting...

Luister saam...

Radio Namakwaland

 

Kom en sluit aan by Dr. Semmelink elke Dinsdag middag om 12h30 op Radio Namakwaland!

 

Luister op die internet hier, of op die radio op 93.4Mhz.

Soekboks
Inteken Vorm





Wagwoord vergeet?
Taal Voorkeur
Afrikaans
Wies Aanlyn
Ons het 11 gaste op die webwerf
Stargardt's Disease PDF Druk E-pos

Inleiding

 

Indien jy ‘n kol voor jou oog het wat die uitsig belemmer en jy slegs die kante van jou oog kan gebruik, hoe sou dit jou lewe beïnvloed?

 

Stargardt's DiseaseDit is in kort wat Stargardts Disease1 is en dis ‘n oogdefek wat by bykans 3'000-4'000 persone in Suid-Afrika voorkom. Die invloed wat hierdie genetiese degenerering van die sentrale visie van die oog lei daartoe dat hulle feitlik hul hele sigwaarde verloor – dus kan hulle nie meer normal lees nie, sukkel om mense en kleure  te herken en sal nooit motor kan bestuur nie. Daar is tans nog geen genesing van die siekte toestand nie. Al sigwarde wat hulle oorhou is min-of-meer dit wat jy en ek uit die hoek van ons oog kan sien..

 

Die makulêre is die sentrale gedeelte van die retina waar die informasie wat ons sien of waarneem versamel word en dan na die brein gestuur word om verwerk te of geïnterpreteer word. Omdat die persentasie van mense wat hieraan ly maar gering is (1:10'000 = 0.01%), in vergelyking met ander siekte toestande soos kanker en VIGS is die befondsing van die navorsing baie beperk en is daar feitlik geen hoop vir die mense wat hieraan ly nie. Omdat die oorsake van makulêre-degerering nog nie werklik vasgestel is nie, vermoeilik die taak nog meer. Daarby kom die verskynsel meer voor by mense wat oor die ouderdom van 55 is – ‘n normale ouderdom vir die degenerering van breinselle. In die geval van Stargardt’s Disease begin die degenerering reeds tussen die ouderdom 5 en 20.

 

Hulpmiddels

 

  • Daar is ‘n elektroniese vergrootglas wat aan ‘n rekenaar gekoppel kan word en die skrif dadelik vergroot (58x). Dit kos ongeveer R28'000!

  • Daar is ook ‘n sakgrote elektroniese vergrootglas (10x-14x) – so groot soos ‘n selfoon en ideaal om saam klas toe te neem. Dit kos ongeveer R7'000 - R14'000!


Youth @ HEART in samewerking met Afrikaanse Hoër Meisies Skool, is huidiglik besig met 'n fondsinsamelings projek vir die elektroniese toestelle. Finansiële donasies kan direk aan die skool gemaak word. Die skool se kontak nommer is 012-344-3811/2, kies opsie "Finansies", of vra om met Me. Marie Pienaar to praat.

 

 


 

  1. Vir meer inligting, besoek gerus:
    http://www.lighthouse.org/medical
    http://www.health24.com
    http://www.macular.org/1_blindness.html

 

 

Comments
Add NewSearch
Write comment
Name:
Website:
Title:
 
 
Security Image
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved.

 

Section 21 | Registration No: 1999/08895/08 | Welfare No.: 008954
Copyright © 2025 - Youth at Heart Development
Website Design & Hosting By Web 500