Tuisblad
Hoof Kieslys
Tuisblad
Agtergrond & Geskiedenis
Produkte & Dienste
Nuutste Nuus
Kalender
Artikels
"FAQ's"
Kontak Ons
Advertensie

Te Huur/Te Koop

5 Slaapkamer, 3.5 Badkamer, Studeer kamer, 3 leef areas, swembad, Jacuzzi & 3 Slaapkamer Woonstel als 1km vanaf Universiteit van Pretoria in sekuur area - Ideaal as Ambasade

  • Te Huur: Beskikbaar 1ste Januarie 2015 - R37'500/m
  • Te Koop R9.5m - Navrae (GEEN AGENTE ASB) Kontak Eienaar 082 297 0664
Spesiale Aanbod....

Gevorderde Kursus in Berading Jeug Spesiale Aanbod Meer Inlingting...

Luister saam...

Radio Namakwaland

 

Kom en sluit aan by Dr. Semmelink elke Dinsdag middag om 12h30 op Radio Namakwaland!

 

Luister op die internet hier, of op die radio op 93.4Mhz.

Soekboks
Inteken Vorm





Wagwoord vergeet?
Taal Voorkeur
Afrikaans
Wies Aanlyn
ADD - ADHD PDF Druk E-pos

Inleiding

 

Die brein is afhanklik van die chemiese stowwe wat die liggaam verskaf of kan alleenlik reg funksioneer as daar ‘n balans is tussen die chemiese stowwe wat deur die brein vloei. In eenvoudige taal is daar sekere chemiese stowwe wat vir jou energie gee – daardie lekker gevoel wat jou positief laat voel en lus om akitief te wees- te werk, studeer, sport te doen, en so meer. Die ander chemiese stowwe laat jou moeg, lusteloos voel en self negatief laat voel. Dit affekteer dus jou potensiaal, jou produktiwiteit en deelname.

  1. Simptome

    Op skool is almal bewus dat daar jongmense is wat sukkel om te konsentreer, hulle aandag word deur iets anders afgelei – dit lyk soms asof hulle in ‘n ander wêreld is, of dat hulle besig is om te dagdroom. Intussen gaan die les aan en wanneer hierdie jongmens weer terug is van sy afdraaipaadjie, is hy/sy glad nie meer by die les nie. Hierdie afdraaipaadjie kan enige iets van ‘n paar sekondes tot ure duur sonder dat hierdie jongmense enige idée het dat daar soveel tyd verspeel is nie. Aandagafleibaarheid is nie ‘n willekeurige gedrag nie, maar het te doen met die chemiese samestelling in die brein. Die chemiese stof wat die kommunikasie moet aanvuur is net te min, met die gevolg die kommunikasie hak vas of dit kommunikeer na ‘n ander breinsel wat dan die kommunikasie na ‘n ander roete herlei.

     

    Ander simptome wat voorkom by die jongmense kan onder ander angs, depressie, aggressie en hiperaktiwiteit wees. Al die simptome is as gevolg van die chemiese samestelling en die vrystelling va die chemiese stowwe in die brein. Indien die persoon dus gespanne raak, maak hy/sy impulsiewe besluite, wat in ‘n skoolsituasie ‘n beduidende uitwerking kan hê op die jongmens se akademiese prestasie, maar ook in terme van hul sosiale interaksie met hulle skoolvriende – die reaksie van die onderwyser op sulke jongmense se deelname in klas, die klas se reaksie op die insident, asook die jongmens se vermoë om te kommunikeer word belemmer of gediskrediteer.

     

  2. Ander simptome

    Die ADD-ADHD jongmens kan ook leesprobleme, soos disleksie hê, maar dis grotendeels die aandagafleibaarheid wat maak dat ‘n woord of stelling die gedgates ‘trigger’ om na ander oorde te vlieg en word die jongmens geforseer om dan weer en soos oor-en-oor dieselfde sinsnedes te lees voordat hulle kan verstaan wat hulle gelees het. In die skoolsituasie verg dit eerstens begrip by die onderwyser vir sulke jongmense en dat hulle dan die geleentheid gebied moet word om die leesstuk (tydens ‘n begripstoets) of die eksamenvraestel deur te lees. Meer tyd is nodig en daarom mag jongmense wat met ADD-ADHD gediagnoseer is langer tyd kry tydens hul eksamens en toetse. Indien jongmense gediagnoseer is met aspekte soos disleksie mag hulle nie gepenaliseer word vir spelling en verkeerde gramatikale samestellings nie. Sommige jongmense mag dan ook van Amoniënsis – die aflê van ‘n eksamen deur ‘n neutrale persoon of onderwyser, wat dan moet seker maak dat die jongmens die vraag reg verstaan en dan die antwoord wat die jongmens verskaf op papier neerpen.

     

  3. Impulsiwiteit

    ADD-ADHD word deesdae die impulsiewe-sindroom genoem omdat sulke mense vanweë die chemiese wanbalans geneig is om impulsief op te tree – die skielike wegkyk wanneer hy/sy in ‘n gesprek is, die dagdromery, die ‘onbeskofte in-chip’ wanneer iemand anders praat, aggressie wat in kort-humeurigheid ondeurdenkte dinge sê, waaroor hulle later spyt is of slefs nie kan glo dat hulle dit gesê het nie.

     

  4. Behandeling

     

    1. Medikasie

      Die chemiese samestelling in die liggaam kan egter deur die regte medikasie aangevul word om die balanse reg te kry. Omdat hierdie middels onnatuurlik by die liggaam gevoeg word, stimuleer dit die skep van die chemiese stowwe wat noodsaaklik is vir die sentrale senuweestelsel en die brienfunksies. Omdat die onnatuurlike stowwe gou uit die sisteem geneem word is daar nou die nodige balans om ‘n normale funksionering te skep.

       

    2. Neuroterapie

      Om die kommunikasie in die brein te vesnel kan daar met behulp van neuroterapie – elektrodes wat aan die brein gekoppel word en deur die oog se waarneming van beweging op die rekenaar-skerm word die kommunikasie tussen breinselle gestimuleer met die gevolg dat die kommunikasie versnel. Die uitwerking van beide die chemiese stowwe en die neuroterapie blyk beter te wees.

       

    3. Dieët

      Die dieet van die ADD-ADHD persoon is soos enige ander mens afhankilk van ‘n gesonde, gebalanseerde dieet, met byvoeging van die Vitamine B-kompleks, sink en magnesium is noodsaaklik. Die vermyding van suikers is geleë in die feit dat die suikers in die liggaam se sisteem geneig is om te vermenteer en dan die noodsaaklike chemiesestowwe vernietig en dus die wanbalans kan vererger of anders gestel die balansse weer versteur.

 

Oplossing

Weereens is dit noodsaaklik dat die samelewing en veral die mense wat betrokke is by die opvoeding van die jongmens deeglik ingelig sal wees oor die bestaan van ADD-ADHD en die jongmens se selfbeeld nie nog verder afbreek as wat hy/sy reeds ervaar binne die sosiale kringe ewaarin hy/sy beweeg nie. Hierdie jongmense het dikwels ‘n baie spesiale potensiaal soos Einstein, Beethoven, Leonardo Da Vinci, Vincent van Gogh, Alexander Bell, Isaac Newton, Bill Gates asook talle filmsterre soos Dustin Hoffman, Robin Williams & Tom Cruise, en sangers soos Elton John, Madonna, Mick Jagger en Stevie Wonder. Wanneer hierdie mense die geleentheid gegun word, en met die regte terapie sal hulle ‘n baie groot bydrae tot die samelewing kan lewer.

 

Deur hierdie jongmense die geleentheid te bied in eksamens om meer rustig te wees kom hul potensiaal na die oppervlak en ontdek hulle hul eie potensiaal wat hulle dan verder ontwikkel. Hul selfbeeld word weer opgebou en begin hul boverwagting presteer. 

 

Persoonlik

"Ek dank die Here, vir my ouers, broers en susters (en die afgelope 30jaar my vrou en my kinders) wat vir my ‘n struktuur gegee het waarbinne ek my potensiaal kon ontdek ten spyte van die meerderheid van onderwysers wat nie geglo het dat ek iewers in die lewe sou kom nie – na regte moes ek nooit ‘n Doktorsgraad behaal het nie. Toe ek 2 jaar gelede ontdek het dat ek met allerande vaardighede my ADD-ADHD beheer het, het ek in die afgelope 2 jaar met die gebruik van die medikasie ‘n tweede lewe begin en kan ek, maar veral my vrou en kinders die verskil ervaar. Nou kan ek my energie ten volle gebruik vir my werk en navorsing." - Dr. Willem Semmelink

 

Vir enige hulp met ADD-ADHD, besoek gerus http://www.teresawolfaardt.co.za/ (Terese Wolfaardt is 'n Educational Psychologist. Sy het haar privaat praktyd in Pretoria. Geregistreer by die Gesondheids Professionele Raad van Suid Afrika en 'n lid van die Sielkundige Vereninging van Suid Afrika.).

 

Comments
Add NewSearch
Write comment
Name:
Website:
Title:
 
 
Security Image
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved.

 

Section 21 | Registration No: 1999/08895/08 | Welfare No.: 008954
Copyright © 2025 - Youth at Heart Development
Website Design & Hosting By Web 500