Inleiding Die mark is geweldig groot en die polisie het hulle hande vol om die toegang tot die mark te beperk! A.g.v. tegniese punte word sommige sake uitgegooi, maar daar is ook ongelukkig korrupte polisie beamptes wat as informante dien aan die dwelmkartelle wat dan die pogins van die polisie verydel.
Statistieke
Daar word bereken dat 70% van alle dwelmafhanklikes Suid-Afrika, afhanklik is van middels wat oor die toonbank beskikbaar is – bv. alkohol, nikotien, pyn en slaappille en produkte soos hoesstroop, gom en brandstof. Statistieke bereken dat 2 uit elke 3 jongmense eksperimenteer met dwelmmiddels, bykans 4 miljoen jongmense eksperimenteer met dwelmmiddels! Dwelmafhanklikheid by tieners volgens SANCA is tussen 40% en 60% van alle tieners hoë risiko gevalle om afhanklik te word van dwelms. 1 uit elke 6 jongmense (±15%) is reeds afhanklik van dwelmmiddels! ToeganklikheidDie toeganklikheid tot die gebruik van dwelms soos alkohol, nikotien (sigarette), pynstillers, eetlusdempers, slaappille, en ander middels soos brandstof en gom, asook die beskikbaarheid van middels soos dagga, tik, kokaiën, heroiën en extacy op strate en veral in die omgewing waar jongmense sosialiseer is een van die hoof oorsake van die toename in die gebruik van en afhanklikheid van dwelmmiddels in Suid-Afrika. OningeligBobejaan-politiek (‘hear no evil, see no evil, speak no evil’) by sowel ouers en skoolowerhede oor die afgelope dekades is ten spyte van die owerhede se oproepe nogsteeds aan die orde van die dag. Die naïwiteit by beide ouers en jongmense t.o.v. die moontlikheid van dwelmafhanklikheid, wys juis op die haas onmoontlike taak om die gebruik en misbruik te bekamp. As jongmense en selfs ouers net kan besef wat die gebruik van middels soos alkohol en nikotien aan die sentrale senuweestelsel en die breinfunkies doen. ‘n Mens se brein is die kern van al jou vermoëns en jou liggaam kan alleenlik reg funksioneer wanneer jy die korrekte hoeveelhede natuurlike chemise middels verskaf. Sommige liggame het aanvullings nodig, maar dit moet deur professionele persone voorgeskryf en gemonitor word. OnbetrokkenheidTe maklik word die dwelmafhanklikheid onder die mat gevee deur leerders uit skool of werkplek te skors of af te dank en word die probleem aangeskuif na ‘n volgende skool of werk, in plaas daarvan dat professionele hulp ingeroep word en die persoon gehelp word. Vir die afgelope 35 jaar bied ek gratis berading aan en was ek telkens betrokke by die rehabilitering van dwelmafhanklikes – dit is uiters belangrik om verby die dwelmafhanklikheid te kyk na die oorsaak – die rede agter die persoon se aanvanklike eksperimentering of gebruik van dwelmmiddels. Daarby is die samewerking met professionele persone uit alle sektore – die mediese, sielkundige, maatskaplike en onderwyskringe van uiterste belang.
Oplossing Die enigste wyse waarop ons hierdie probleem gaan kan hokslaan is wanneer die hele samelewing begin saamstaan en saamwerk: inligting te versamel en veral die jong kind voorskools en op primêre vlak deeglik in te lig oor die gevare van dwelmmiddels; die behandeling van die dwelmafhanklike holisities te benader en te hanteer; informasie van die dwelmkartelle aan die owerhede beskikbaar te stel sodat die handel in dwelmmiddels nog swaarder gestraf kan word!
Indien kerke en skole ouers en jongmense van feite voorsien en vinniger hulp verleen of hulp inroep kan die gebruik en misbruik van dwelmmiddels vinniger hokgeslaan word!
|