Tuisblad
Hoof Kieslys
Tuisblad
Agtergrond & Geskiedenis
Produkte & Dienste
Nuutste Nuus
Kalender
Artikels
"FAQ's"
Kontak Ons
Advertensie

Te Huur/Te Koop

5 Slaapkamer, 3.5 Badkamer, Studeer kamer, 3 leef areas, swembad, Jacuzzi & 3 Slaapkamer Woonstel als 1km vanaf Universiteit van Pretoria in sekuur area - Ideaal as Ambasade

  • Te Huur: Beskikbaar 1ste Januarie 2015 - R37'500/m
  • Te Koop R9.5m - Navrae (GEEN AGENTE ASB) Kontak Eienaar 082 297 0664
Spesiale Aanbod....

Gevorderde Kursus in Berading Jeug Spesiale Aanbod Meer Inlingting...

Luister saam...

Radio Namakwaland

 

Kom en sluit aan by Dr. Semmelink elke Dinsdag middag om 12h30 op Radio Namakwaland!

 

Luister op die internet hier, of op die radio op 93.4Mhz.

Soekboks
Inteken Vorm





Wagwoord vergeet?
Taal Voorkeur
Afrikaans
Wies Aanlyn
Ons het 11 gaste op die webwerf
Brein-Drein op Skool! PDF Druk E-pos

Inleiding:


Daar is tans bykans 43% van alle kinders wat uit die skoolsisteem gaan per jaar! Van die nageoeg 1.5 miljoen kinders wat met skool begin in Graad 1 maak slegs 850 duisend klaar met skool. Van hierdie jongmense sal slegs 10% voortgaan met tersiêre opleiding waarvan slegs 10% (8500) ‘n naskoolse kwalifikasie ontvang. Dit los ons met minder as 1% van alle jongmense met ‘n na-skoolse kwalifikasie!

 

Die Probleem

 

Hierdie toedrag kan toegeskryf word aan:

  1. Te kort aan voorskoolse leerstimulasie – die meerderheid van ons kinders wat skool toe gaan ontvang nie voorskoolse stimulasie soos om legkaarte te bou, met blokkies te speel, allerande berekeninge en luistervaardighede (om na stoires te luister, eenvoudige boekies te lees, ens.)

  2. Ouers wat self nog ongeletterd is, wat nie besef hoe belangrik dit is om hul kinders te stimuleer, saam te speel, en so meer. (Die voorbeeld van ouers wat wil leer of geleer het, speel hier ook ‘n beduidende rol!). Indien ouers nooit die geleenheid gehad het, kan deur hul kinders aan te moedig om te leer, ‘n leer atmosfeer skep en dit ondersteun –bv. om TV slegs oor naweke te gebruik, of wanneer die kinders gaan slaap het.

  3. Wanvoeding – indien kinders nie die regte chemise stowwe vir die liggaam gee nie, dan vertraag dit die leerproses, die kognitiew gedeeltes van die brein het bepaalde chemise stowwe nodig om die kommunikasie kanale in die brein te versnel. Deur verkeerde eetgewoontes by die kinders aan te leer, veral in ‘n tyd van kitskosse, doen geen student goed nie!

  4. Strukture by skole om die student by te staan in hul navorsing ontbreek:

    • te kort aan biblioteke, navorsing materiaal, boeke, tydskrifte en selfs dagblaaie!

    • te kort aan rekenaar en internet fasiliteite. Alhoewel die internet nie alles oor ‘n bepaalde onderwerp kan verstrek nie, kan dit ten minste iets oor alles kan gee!

    • weereens is daar te min ouers wat hul kinders bystaan in hul navorsing.

 

Die Oplossing

 

  1. Ouers moet aangemoedig word om hul kinders by te staan met hul navorsing, hulle kinders aan te moedig om hard te werk en veral voorskool stimulasie te gee deur saam met hul kinders te lees en te speel.

  2. Kerke moet begin deur hul geboue in te rig as navorsingssentrums met navorsingmateriaal, boeke, tydskrifte en dagblaaie.

  3. Jongmense wat werkloos is, maar wel hul skoolloopbaan voltooi het, kan aangewend word in skole om juis die kinders wie se ouers nog ongeletterd is, by te staan met navorsing en ander huiswerk.

 

As ons almal kan saamstaan en die jongmense help om hul volle potensiaal te ontdek, te ontgin en te ontwikkel, sal ons die uitval (brein-drein) drasties kan verminder!

 

Youth at HEART Development het onlangs ‘n samewerkings-ooreenkoms met die Universiteit van Pretoria, (Dept. Sielkunde en die Itsoseng Kliniek in Mamelodi) aangegaan en bied kursusse in Jeugontwikkeling en Jeugberading aan.

 

Lees meer oor die tipes berading wat by Youth at HEART Ontwikkeling beskikbaar is

Comments
Add NewSearch
Write comment
Name:
Website:
Title:
 
 
Security Image
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved.

 

Section 21 | Registration No: 1999/08895/08 | Welfare No.: 008954
Copyright © 2025 - Youth at Heart Development
Website Design & Hosting By Web 500