Bevondsing
|
Af en toe nader Youth at HEART firmas en maatskappye met aanbiedings op soek na bydraes om die koste van die dienslewering te help dra. Alhoewel ons voel dat Youth at HEART 'n gemeenskaps gewete projek is, voel ons dat dit nooit van 'n maatskappy/firma kan verwag word om een of ander organisasie se rekeninge te betaal nie. Daarvoor word volle deursigtigheid aan skenkers gebied.
Waar ookal moontlik, word sulke skenkers volle erkenning gegee, bv. deur hul naam en/of handelsmerk in enige publikasies te plaas, deur sodoende hul bydraes te erken. Veral in die Kunste en Ontspannings velde, waar gebeurtenisse wat deur hul geborg is, bemark word onder hul naam, om sodoende vir hul publieke sigbaarheid en erkenning te gee vir hul betrokkendheid.
|