Tuisblad arrow "FAQ's" arrow ADD - ADHD
Hoof Kieslys
Tuisblad
Agtergrond & Geskiedenis
Produkte & Dienste
Nuutste Nuus
Kalender
Artikels
"FAQ's"
Kontak Ons
Advertensie

Te Huur/Te Koop

5 Slaapkamer, 3.5 Badkamer, Studeer kamer, 3 leef areas, swembad, Jacuzzi & 3 Slaapkamer Woonstel als 1km vanaf Universiteit van Pretoria in sekuur area - Ideaal as Ambasade

  • Te Huur: Beskikbaar 1ste Januarie 2015 - R37'500/m
  • Te Koop R9.5m - Navrae (GEEN AGENTE ASB) Kontak Eienaar 082 297 0664
Spesiale Aanbod....

Gevorderde Kursus in Berading Jeug Spesiale Aanbod Meer Inlingting...

Luister saam...

Radio Namakwaland

 

Kom en sluit aan by Dr. Semmelink elke Dinsdag middag om 12h30 op Radio Namakwaland!

 

Luister op die internet hier, of op die radio op 93.4Mhz.

Soekboks
Inteken Vorm





Wagwoord vergeet?
Taal Voorkeur
Afrikaans
Wies Aanlyn
Ons het 1 gas op die webwerf
ADD - ADHD FAQ

Vrae wat gereeld gevra word oor ADD-ADHD.

Lees meer omtrent ADD-ADHD.

 



Watter hulp kan en word gebied vir kinders met ADD-ADHD?

Druk 
PDF 

Eerstens is dit belangrik dat die diagnose van ADD deur 'n professionele persoon gedoen moet word. Dan is dit uiters belangrik dat die ADD kind so gou as moontlik die nodige medikasie (voorgeskryf deur 'n psigiater) daagliks moet gebruik.

 

ADD is 'n chemiese wanbalans wat deur die medikasie weer in balans gebring word. Dit maak dat die persoon dan nie meer impulsief reageer nie: hiperaktief, aandag afleibaar, aggressief ens!

 

Indien die ADD persoon saam met die medikasie neuroterapie kan ontvang des te beter! Neuroterapie stimuleer die kommunikasie van die breinselle, dit oefen die breinselle om dan vinniger te reageer, noudat die chemiesestowwe in balans is!

100,00% of 4 voters found this FAQ useful,  I found this FAQ  useful useful  not useful not useful


Hoe hanteer ek dit as hy/sy handuitruk, en byvoorbeeld met sy/haar boetie of sussie baklei?

Druk 
PDF 

Dit is belangrik dat julle as familie (sy boetie en/of sussie inkluis) begrip moet hê dat hy/sy as gevolg van die chemiese wanbalans impulsief dinge doen, soos om aggressief te wees of voor te kom. Dit regverdig egter geensins sy/haar wangedrag nie!!

 

Indien hy/sy egter sy/haar medikasie elke dag gaan neem, sal die aggressie afneem, sal hy/sy ook minder impulsief word en 'n dood normale lewe kan lei!

 

66,67% of 3 voters found this FAQ useful,  I found this FAQ  useful useful  not useful not useful


Is daar enige hulpbronne wat ek as ouer kan gebruik wat van waarde sal wees?

Druk 
PDF 

Daar is verskeie ondersteuningsgroepe vir ouers met ADD-ADHD kinders. Die maklikste is om deur middel van 'n soek-enjin (bv. Google, Yahoo of Ananzi ) die internet te soek vir webblaaie wat hulp of raad aanbied vir ouers. Daar is heelwat webblaaie oor die onderwerp beskikbaar.

 

Of die naaste gemeenskapssentrum kan ook genader word om vas te stel of hul ondersteuningsgroepe fasiliteer vir ouers met ADD-ADHD kinders.

0% of 0 voters found this FAQ useful,  I found this FAQ  useful useful  not useful not useful


Watse toekoms is daar vir kinders met ADD-ADHD?

Druk 
PDF 

Enige ADD/ADHD kind se toekoms hang van hulself af (en sy ouers se ondersteuning!). Indien hul hul medikasie daagliks gebruik sal hul hul volle potensiaal kan ontdek, ontgin en ontwikkel om 'n groot sukses te kan word. ADD/ADHD mense is deel van die slimste/inteligenste mense op aarde!

 

Omdat hulle egter impulsief is (as hulle nie hul medikasie gebruik nie!), word hulle verkeerd ervaar en benader. Hulle weet nie dat hulle aggressief is nie, of dat hulle vir lang tye hul aandag op iets anders geplaas het nie, hulle het geen benul van tyd nie, en so meer.

 

Indien hulle wel hul medikasie gebruik, sal hulle belsis rustiger wees, meer kan konsentreer en hul tyd beter kan benut! Dan ontdek hulle hul potensiaal en vorder hulle saam met hul klasmaats en selfs beter as baie 'normale' kinders!

80,00% of 5 voters found this FAQ useful,  I found this FAQ  useful useful  not useful not useful


Section 21 | Registration No: 1999/08895/08 | Welfare No.: 008954
Copyright © 2025 - Youth at Heart Development
Website Design & Hosting By Web 500